Vir my is dit 'n tuiskoms. Sedert ek hoërskool toe is, het ek rondgeswerf en na my studies op baie plekke gewerk as joernalis en vertaler en later as kunstenaar, boek-illustreerder en vryskut-taalkundige van my huis af (waar dit ook al was). Ek was so lank weg uit die omgewing, dat die bekendheid van alles na sowat 40 jaar vir my skoon vreemd is.
Plasings op hierdie blog is meesal in Afrikaans, maar soms ook in Engels, afhangende van die onderwerp en van die bron van inligting wat ek gebruik. Hoewel ek onder andere as vryskutvertaler en -joernalis werk, is dit nie genoeg vir iemand wat hou van skryf nie, daarom blog ek ook.
Baie mooi stukkie skryfwerk. Voorspoed en alles wat mooi is vir julle hier in Kareedouw.
ReplyDeleteDankie, Coert!
ReplyDelete