Tuesday, May 28, 2013

'N FEES VIR VROLIK WIP

Ek sit tussen die duiwel en die diep blou see, omdat ek tussen die Slaghuis, die slagpale en die slagkalwerkamp woon en ek 'n vegetariƫr is wat op die Worsfees van alle plekke gaan uitstal - waar my bure gemaal, gestop en gebraai gaan word.

Worsfees 2012 by Altelekker in Kareedouw se hoofstraat.
(Foto: Altelekker)
Dit laat my dink aan Anton Goosen se ou trefferliedjie, "Begrafnistyd  in Zeerust", waar Oom Willem vrolik saamwip in sy kis. Ek sal dit maar benader soos een van daai begrafnisse wat op 'n vrolikheid uitloop.

Voor die Worsfees was daar die Karriefees op Kareedouw, in die Oos-Kaap. Sou my ook niks gehelp het nie, want ek steek nie dop nie. Wel, daar is geen fees in die land sonder vleis en drank nie...

Miekie Strydom het die geleentheid het tien jaar gelede as 'n worsmaak-kompetisie by Kareedouw Slaghuis begin. Die Pers het dit later 'n fees gedoop. Die eerste keer het seker sowat honderd mense opgedaag. Verlede jaar was die perseel egter nie meer groot genoeg nie. Hulle moes oorskuif na Altelekker in die hoofstraat en tussen 2000 en 3000 mense het opgedaag. Miekie is kort na die 2013 Worsfees oorlede, maar die geleentheid word nog steeds deur die slaghuis geborg.

(Foto: Altelekker)


 (Foto: Altelekker).


No comments:

Post a Comment