KLASSE IN VERSKILLENDE MEDIUMS
Ek gee kunsklasse in verskillende mediums by my in die Tsitsikamma.Vertel my wat jou behoeftes is, dan maak ons 'n plan. Klasse vir kinders kan in die middag aangebied word.
Bel my by 042 2811 006 en 083 467 9388.
Bel my by 042 2811 006 en 083 467 9388.
Sien meer oor my AGTERGROND by: http://kareedouw.blogspot.com/p/about-me.html.
Die lekkerrrr verrrf het begin! |
Die regte weer vir droogword voor die kaggel. 'n Elegante figuur. |
Hierdie liefa se hoed, rok en grimering word nou gedoen. |
Dolla is nog kop-af op linkerkant. Geduldig wag die witte om geverf te word, en katjie hier regs kort nog 'n linkerboud. |
Beginstadiums van verskillende items. |
Twee figure in wording.
|
Hier volg voorbeelde van wat jy kan maak:
![]() |
"Answors" (links), een van my papier mache-figure. 'n Vyf-liter waterkan is gebruik vir die onderlyf, 'n gedeelte van 'n 2-liter Cokebottel vir die bolyf. Die skoene is van Pep Stores.
"Poplappop" (links) se basis is 'n Oumabeskuitboks, afgewerk met lap, pleks van papier.
Die vet kat hier onder is gemaak met twee balonne as basis.
Die vet kat hier onder is gemaak met twee balonne as basis.
'n Aartappelsakkie word 'n kat. |
"Los Engela": Basis, Chinese papier-lampskerm; sintetiese hare, Pep Stores. Die ring is'n dekoratiewe knoop, die krale is van play dough. |
![]() |
Hierdie lewensgroot figuur op linkerkant het begin as papier mache, maar die afronding en die arms is op die ou end met behulp van plastiek-koeldrankbottels en glasvesel gedoen. Die romp is 'n handgemaakte onderrok uit die Boere-oorlog. Ek het die oorspronklike gesig in 'n stadium afgesaag en met 'n papiermasker vervang. Die hande is opgestopte outydse kerkhandskoene. Sy moes 'n naambord vir die opening van 'n nuwe galery vashou. Later het ek haar arms afgesaag en voor haar bors laat kruis, sodat sy meer gemaklik moet lyk. Die beeld het verkoop 'n paar dae voordat ons van Velddrif na die Langkloof verhuis het. Net betyds, anders sou ons haar bo-op Pieter van As se agt-ton vragmotor se dak moes vasgemaak het.
TEKSTUURKUNS: Maak ‘n al te mooie skatkissie van
herinneringe met ou snuisterye en aandenkings.
MOSAïEK: Spieëlraam, Straatnommer of Potstaander. Teëltjies is nie al wat tel – gebruik ook potskerwe, glasstukkies, klippies, skulpies.
MOSAïEK: Spieëlraam, Straatnommer of Potstaander. Teëltjies is nie al wat tel – gebruik ook potskerwe, glasstukkies, klippies, skulpies.
SKILDER: Bring jou skilderye (voltooid of
onvoltooid) vir terugvoering en kry oplossings vir knelpunte. Spandeer die dag
in ‘n groep en leer ekstra uit ander se probleme en oplossings.
Skilder-workshop |
HALFDAGSESSIES:
PASTEL DEMO: Ek wys jou hoe ek Bamboobees (my fat ladies) doen. ‘n Gelukkige nommer
word getrek vir die eindproduk.
Bamboobee |
PORTRET DEMO: Life-drawing.
‘n Geleentheid om by te staan terwyl ‘n portretstudie gedoen word.
MAANDSESSIES:
PAPIER MACHE: Maak jou eie papier mache-figuur in
weeklikse klasse en kry begeleiding om dit self te verf. Hierdie is ‘n baie lekker kursus.
DROOMBOEK:
Maak jou kreatiwiteit los aan die hand van jou gunsteling gedig,
liedjie, droom of versie. “Anything goes” in hierdie weeklikse klas.
Kontak my by (083) 467 9388. Email: susankemp1@gmail.com
No comments:
Post a Comment